DA eis SA moet Rusland se uitsetting uit VN Menseregteraad steun

Die DA sê Suid-Afrika moet sy verdagte morele gesag probeer red deur Rusland se uitsetting uit die Verenigde Nasies se Menseregte-raad te steun. Lede van die VN se Algemene Vergadering stem vandag oor ‘n konsep-regulasie om Rusland uit te skop weens sy beweerde oorlogsmisdade in Oekraïne. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika kan Rusland nie langer steun onder die dekmantel van neutraliteit nie en moet ten gunste van die resolusie stem.