DA eis ingryping by Unisa-staking

Die DA vra ingryping teen betogende Unisa-werkers. Die party sê die betogers hou inwoners van Muckleneuk gyselaar omdat hulle weens die versetoptrede nie by hulle eiendomme in of uit kan kom nie. Die betogings het uiters onvoorspelbaar geraak met berigte van geweld en aggressiewe konfrontasies. Inwoners het met die werkers probeer redeneer, maar is na bewering begroet deur vyandigheid en dreigemente. Die DA vra die Tshwane-metropolisie-departement om op te tree teen die vernietiging van eiendom.