DA eis aanspreeklikheid van SAPS

Die DA eis volle aanspreeklikheid vir die 1,6 miljard Namibiese dollar wat die Suid-Afrikaanse polisiediens van Maart tot Augustus verlede jaar onreëlmatig bestee het op die verkryging van persoonlike beskermende toerusting. Dit sluit 11 miljoen Namibiese dollar se maskers en sakkies handreiniger in wat aan ‘n nie-winsgewende maatskappy, die Dr Love Foundation, betaal is en wat nie op die tesourie se databasis van kleinsake-ontwikkeling opgespoor kon word nie. Andrew Whitfield van die DA sê die Valke moet geen steen onaangeroer laat nie en moet toesien dat dié noodsaaklike ondersoek onberispelik is.