DA daag trae korrupsie-optrede by Tembisa-hospitaal uit

Die DA in Gauteng sê hy gaan premier Panyaza Lesufi konfronteer oor waarom tien personeellede by die Tembisa-hospitaal steeds werk, ten spyte van ‘n aanbeveling deur die Spesiale Ondersoekeenheid dat daar teen hulle opgetree word oor die toekenning van onreëlmatige kontrakte aan bedrieglike maatskappye. Jack Bloom van die DA sê die gesloer in die saak is verregaande, want die fluitjieblaser Babita Deokaran is vermoor kort nadat sy gevra het dat moontlike korrupte betalings by dié hospitaal gestaak word.