DA blameer ANC vir minder toeriste in KwaZulu-Natal

Die DA in KwaZulu-Natal sê die ANC-regering en eThekwini se burgemeester, Mxolisi Kaunda, is verantwoordelik vir die toeriste-getal wat minder was as wat verwag is in Desember. Volgens statistiek wat die munisipaliteit uitgereik het, het 702 735 mense die stad gedurende die vakansietyd besoek, vergeleke met 900 000 in 2019. Die DA-lid, Thabani Mthethwa, sê hierdie afname in getalle sal lei tot minder inkomste vir die ekonomie, toerisme-operateurs, straatverkopers en sakelui wat gedurende die feestyd staatmaak op toeriste.