DA: Beurtkrag onderbreek watertoevoer  

Die DA in Gauteng gaan aan Eskom skryf oor die huidige vlaag beurtkrag wat die provinsie en die land raak. Beurtkrag onderbreek nie net Suid-Afrikaners se werksdag nie, maar ook die watertoevoer wat munisipaliteite aan gemeenskappe lewer. Solly Msimanga van die DA sê Johannesburg Water het inwoners dié week gewaarsku dat hulle lae waterdruk mag ervaar weens hoër fases van beurtkrag.