DA: ANC paniekerig oor kaderontplooiing-uitspraak

Die DA sê hy is glad nie verbaas nie oor die paniekerige reaksie by die ANC na die baanbrekers-uitspraak in die hooggeregshof in Johannesburg. Dit is om die party te verplig om volledige rekords van sy nasionale kader-ontplooiingskomitee vry te stel, insluitende notules, WhatsApp-gesprekke, e-poskommunikasie, CV’s en ander dokumentasie. ʼn Woordvoerder van die DA, Leon Schreiber, sê na die uitspraak het die ANC skielik aangekondig dat hulle teen die uitspraak gaan appelleer, skynbaar voor hulle enige oorwoë regsadvies ingewin het.