DA: ANC kan nie gesondheidsgeriewe in stand hou

Die DA in Gauteng sê inwoners van die provinsie wat afhanklik is van staats-gesondheidsorgdienste, het die slagoffers geword van swak besluite deur leiers van die regerende party, wat nie voldoende instandhouding van gesondheidsgeriewe verseker nie. Daar is weens die voortdurende druk van die party oor die toestand van instandhouding by gesondheidsgeriewe, met ‘n ondersoek begin. Die DA-lid, Alan Fuchs, sê die ondersoek het bevestig dat hulle nie die nodige hulpbronne of kundigheid het om hul eie instandhouding te doen nie.