Cyril woon ook Troika by

President Cyril Ramaphosa sal môre ‘n buitengewone dubbele Troika-beraad van staats- en regeringshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Maputo in Mosambiek bywoon. Botswana se President, Mokgweetsi Masisi, het die beraad belê waar maatreëls in verband met terrorisme in Mosambiek bespreek sal word. Dit volg na ‘n aanval deur soldate wat bande met die Islamitiese Staat het. Tientalle mense, onder andere ‘n Suid-Afrikaner, is in die aanval in Palma dood.