Cyril woon inhuldiging van Nigeriese President by  

President Cyril Ramaphosa woon vandag die inhuldiging van Nigerië se verkose President Bola Ahmed Tinubu van die All Progressives Congress by. Hy het die verkiesing met 8,8 miljoen stemme gewen teenoor die hoof-opposisiekandidaat Atiku Abubakar van die People’s Democratic Party wat 7 miljoen stemme gekry het en Peter Obi van die Labour Party wat 6,1 miljoen stemme gekry het. Die Presidensie sê Suid-Afrika en Nigerië handhaaf ‘n strategiese vennootskap ter navolging van sterker bilaterale samewerking en vrede, stabiliteit en ekonomiese ontwikkeling op die vasteland.