Cyril vra SA om vir demokratiese hernuwing te stem

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, het Suid-Afrikaners gevra om te stem vir die voorsetting van die demokratiese hernuwing, nasionale herlewing en ‘n maatskaplik-ekonomiese transformasie-agenda. Hy het by die party se Siyanqoba-saamtrek in die FNB-stadion in Johannesburg gepraat. Ramaphosa wil hê Suid-Afrikaners moet ‘n duidelike keuse maak vir eenheid en vooruitgang en die maatskaplike en politieke magte verwerp wat hard werk om die vryhede te ondermyn wat die afgelope drie dekades behaal is.