Cyril stuur gesant na VSA oor ANC se Rusland-standpunt

Die Suid-Afrikaanse Presidensie het bevestig dat President Cyril Ramaphosa ‘n gesant na die Verenigde State gaan stuur om die buurland se standpunt oor Rusland te bespreek. Geen besonderhede oor wie gestuur gaan word, is nog bekend gemaak nie. Suid-Afrika beskryf sy posisie in die oorlog tussen Rusland en Oekraïne as neutraal, maar die ANC en Naledi Pandor, minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, het die ANC se steun aan Rusland verklaar.