Cyril sal opsytaan as hy aangekla word, maar nie die week nie

Die Presidensie in Suid-Afrika sê President Cyril Ramaphosa sal met graagte opsy staan indien hy van ‘n misdaad aangekla word oor die diefstal by sy Phala Phala-plaas in Limpopo. ’n Parlementêre paneel ondersoek tans die kwessie na ’n mosie deur die African Transformation-beweging se leier, Vuyolwethu Zungula, dat Ramaphosa verwyder moet word weens ‘n ernstige oortreding van die Grondwet of die wet, en ernstige wangedrag. Presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, het Ramaphosa se program vir die week in Pretoria uiteen gesit en sê die president het geen planne om opsy te staan nie: