Cyril nie volgende week voor staatskapingskommissie

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal nie volgende week Maandag en Dinsdag voor die staatskapingskommissie verskyn soos geskeduleer nie. Hy sou in sy hoedanigheid as adjunk-president en president van die land getuig. Ramaphosa het voorheen voor die kommissie verskyn in sy hoedanigheid as president van die ANC. Adjunk-hoofregter Raymond Zondo het vroeër die week gesê Ramaphosa sal na drie jaar die laaste getuie wees om mondelings te getuig.