Cyril moet daadwerklike stappe aankondig in staatsrede

Cosatu vra wesenlike maatreëls om die ekonomie te stimuleer, werk te skep en volgehoue maatskaplik-ekonomiese uitdagings aan te pak wanneer president Cyril Ramaphosa vanaand sy staatsrede lewer. Die vakbond doen ‘n beroep op die regering om progressiewe en tasbare doelwitte, hulpbronne, duidelike tydraamwerke en aanspreeklikheid vir doeltreffende lewering in te stel. Matthew Parks van Cosatu sê werkers wag gretig op beslissende optrede van die regering om dringende bekommernisse soos werkloosheid, ongelykhede en die nasleep van staatskaping die hoof te bied: