Ombud-wetsontwerp is belangrik omdat dit fondse beskikbaar stel

Vanjaar sal 15 wetsontwerpe in die parlement ter tafel gelê word, waaronder die Ombudsman-wetsontwerp. As ‘n instelling vir die mense van die nasie, beplan die kantoor van die ombudsman verskeie projekte vir vanjaar, onder meer die gewilde Gratis Regsadvies-dag. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese ombudsman, Basilius Dyakugha, gepraat oor hoekom die wetsontwerp belangrik is en aanvaar moet word. Dyakugha sê die instelling benodig sy eie fondse om onafhanklik te kan wees en sy pligte te kan nakom sonder om bakhand te staan.