Cyril in Windhoek om eer te betoon aan Geingob

Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa land vanoggend op die Hosea Kutako internasionale lughawe vir ‘n kort werksbesoek aan Windhoek, om sy eer te betoon na die dood van president Hage Geingob. Ramaphosa en Geingob het ‘n hegte verhouding gehad met goeie betrekkinge tussen die twee lande. Ramaphosa word teen tien-uur in die hoofstad verwag. Hy sal dadelik Namibië se nuwe president, Nangolo Mbumba, by Staatshuis ontmoet, waarna hy die voormalige eerste dame, Monica Geingos, sal besoek om sy eer te betoon.