Cyril, Erdogan bespreek Israel en betrekkinge

Die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, het bevestig dat hy per telefoon met Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa gepraat en streeks- en wêreldkwessies bespreek het. Dit sluit onder meer in die Israeliese aanvalle op Palestina en die bilaterale betrekkinge tussen Turkye en Suid-Afrika. Die gesprek kom op die vooraand van die Internasionale Geregshof se uitspraak vandag oor Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel, met Israel wat moontlik beveel kan word om sy militêre operasies in Gaza onmiddellik te staak. Erdogan sê Israel moet die straf kry wat hy verdien.