Cyril en Senzo besoek water-infrastruktuur in KZN

Die Suid-Afrikaanse minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, sluit vandag by President Cyril Ramaphosa aan om die Darvill-afvalwaterbehandelings-aanleg in KwaZulu-Natal te assesseer. Hulle sal ook deel wees van die geleentheid om die eerste sooi te spit by die eerste fase van die Vulindlela-massawatervoorsieningskema se opgradering. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die skema se opknapping volg ná Vulindlela se bevolkingsgroei die afgelope dekade, asook die stygende munisipale aanvraag na water.