Curriebeker: Loftus vir ‘n uur pikdonker

Die Curriebeker-stryd tussen die Bulle en die Griffons is Vrydagaand vir meer as ‘n uur in duisternis gedompel weens ‘n kragonderbreking in Pretoria, gevolg deur ‘n kragopwekker-probleem op Loftus. Die tuisspan het uiteindelik ‘n bonuspunt-oorwinning van 64-33 behaal, wat die Bulle se skraal uitspeel-hoop lewend hou. Griekwas het vroeër hul tuisskare in Kimberley verheug deur die Westelike Provinsie met 39-28 te klop. Vanmiddag verwelkom die Pumas die Cheetahs in Mbombela, terwyl die Leeus en die Haaie mekaar vanaand in Durban die stryd aansê.