Curriebeker: Griekwas behaal 30-19 oorwinning in semifinaal

Die Bulle het gisteraand ‘n onaangename verrassing in die Curriebeker-halfeindstryd op die lyf geloop toe die Griekwas die verdedigende kampioene laat steier het met ‘n oorwinnng van 30-19. Die span van Kimberley het hulle eerste Curriebeker-eindstryd sedert 1970 gehaal deur die Bulle op hulle tuisveld te klop. Die Griekwas was teen rustyd met 3-7 agter. Hulle gaan óf teen die Cheetahs óf die Pumas in die eindstryd speel met dié twee spanne se halfeindstryd wat vanmiddag in Bloemfontein beslis word.