Curriebeker-eindstryd: Bulle teen Haaie

Dit is die Bulle teen die Haaie in Saterdag se Curriebeker-eindstryd op Loftus. Maar die meeste kenners sê Jake White se span het niks om hulle oor te bekommer nie, want die Sharks was bloot gelukkig om Griekwas met 28-24 in die een halfeindstryd in Durban te klop. Die Bulle het hierteenoor die Westelike Provinsie maklik met 48-31 in die ander halfeindstryd Vrydag kafgedraf. Die president van die Bulle, Willem Strauss het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor Saterdag se eindstryd op Loftus.