Curribeker: Haaie is nou die topspan

Die Haaie is die topspan in die Curriebeker nadat hulle die Leeus met 29-21 in Durban geklop het. Die span van Durban het ook ‘n tuis-halfeindstryd verseker. Die Cheetahs het vroeër ook seker gemaak van ‘n tuis-halfeindstryd deur ‘n bonuspuntsege van 29-14 oor die Pumas in Mbombela te beklink. Die Pumas, wat die verdedigende kampioene is, het nou vier wedstryde na mekaar verloor. Vrydag het die Bulle die Griffons oortuigend met 64-33 geklop, en Griekwas het hul tuisskare in Kimberley verheug deur die Westelike Provinsie met 39-28 te klop.