Akkerbouraad sê oor stygende voedselpryse, veral tamaties

Die wêreld staar stygende voedselpryse in die gesig wat arm en ontwikkelende lande die hardste tref. Selfs voor Covid inkomste verminder en voorsienings-kettings ontwrig het, was chroniese en akute honger aan die toeneem weens verskeie faktore, insluitend konflik, sosio-ekonomiese toestande, natuurrampe, klimaatsverandering en plae. Kosmos 94.1 Nuus het met Gilbert Mulonda, die Namibiese Akkerbouraad se hoofbestuurder vir akkerbou en tuinbou, gepraat oor die oorsake van die stygende voedselpryse.

Mulonda deel waarom die pryse van tamaties so hoog is en nie gou sal daal nie.