Cumbre Vieja op pad see toe, inwoners moet binne bly

Inwoners van die Spaanse eiland La Palma het opdrag gekry om tuis te bly terwyl lawa na die see vloei en kenners waarsku dit kan ontploffings veroorsaak. Die vulkaan Cumbre Vieja het vroeër die maand uitgebars en veroorsaak wydverspreide verwoesting. Die nooddienste sê giftige gasse kan vrygestel word wanneer die lawa die Atlantiese Oseaan bereik. Volgens berigte het die uitbarsting reeds daartoe gelei dat meer as 6 000 mense hul huise moes ontruim en honderde geboue is vernietig. Die eiland se belangrike piesangplantasies het ook onder verwoesting deurgeloop.