Crusaders ontken afrigter se dae is getel

Rugby: Die Crusaders het gerugte ontken dat die nuwe afrigter, Rob Penney, die trekpas gaan kry nadat die span slegs een van sy agt Superrugby-wedstryde tot dusver hierdie seisoen kon wen. Die sewe-malige kampioen is slegs ‘n skadu van die span wat die kompetisie onder die vorige hoofafrigter, Scott Robertson, oorheers het voordat hy ná die Wêreldbeker-toernooi na die All Blacks geskuif het. Die uitvoerende hoof, Colin Mansbridge, beskryf oproepe vir Penney se afdanking as kinderagtig. Penney is in 2021 as afrigter van die Waratahs afgedank.