Crimo het in vroueklere by Highland Park gevlug

Amerikaanse polisie sê voorlopige ondersoeke toon die man wat aangekla word dat hy sewe mense doodgemaak het tydens ‘n Onafhanklikheidsdag-viering in Highland Park in Chicago, het die aanval weke vooraf beplan. Die 21-jarige Robert Crimo die Derde is in hegtenis geneem kort na die skietvoorval waarin 38 mense ook beseer is. Die hoof van Lake-distrik se misdaad-taakspan, Christopher Covelli, sê belangrike inligting is gevind in selfoonopnames en ander beeldmateriaal: