Creecy moet verslag doen oor bekamping van renoster-stropery

Die Suid-Afrikaanse omgewingsminister Barbara Creecy, gaan vandag verslag doen oor die vordering met die implementering van geïntegreerde pogings om renosterstropery in Suid-Afrika te bekamp. Die land het die afgelope jaar ‘n verskuiwing in renosterstropery van die Krugerwildtuin na KwaZulu-Natal beleef. Die departement sê verskeie maatreëls word ingestel om te verseker dat Ezemvelo-KZN Wildlife toegerus is om die toenemende bedreiging vir renosters in die provinsie te pak.