Credit Suisse se grootte is sy uitdaging

Credit Suisse sê hy gaan tot 992,96 miljard Namibiese dollar by die Switserse sentrale bank leen om kommer oor sy finansiële toestand af te weer. Die bank se aandele het Woensdag met 24 persent tot ‘n rekord-laagtepunt getuimel nadat hy gesê het hy het swakplekke in sy finansiële verslagproses gevind. Credit Suisse, wat Europa se 17de grootste uitlener is, sê hy het beslissende stappe gedoen om sy likiditeit betyds te versterk. Die ekonoom Nouriel Roubini sê Credit Suisse is dalk te groot om ten gronde te gaan én te groot om te red: