Staking in SA is klaar, ooreenkoms bereik

Suid-Afrikaanse vakbonde in die openbare sektor het hul staking beëindig nadat ’n skikkingsooreenkoms by die bedingingsraad met die regering bereik is. Die vakbonde het ‘n loonverhoging van 10 persent geëis. Nóg die regering nóg vakbonde het die bepalings van die ooreenkoms, wat nog verwerk word, bekend gemaak. Nehawu het begin met ‘n staking wat openbare gesondheidsdienste in baie gebiede lamgelê het, met pasiënte wat sonder toesig gelaat is en van hospitale en klinieke weggewys is. Nehawu sê hul staking het beduidende prestasies en uitkomste opgelewer.