Cran kondig konsultasie oor 5G-netwerk aan

Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, lig die publiek in dat hulle ‘n konsep Vyfde Generasie, 5G- strategie vir Namibië vir 2022 tot 2027 vir konsultasie gepubliseer het. 5G is die vyfde generasie mobiele netwerk. Dit is ‘n nuwe wêreldwye draadlose standaard na 1G-, 2G-, 3G- en 4G-netwerke. 5G maak ‘n nuwe soort netwerk moontlik wat ontwerp is om feitlik almal en alles met mekaar te verbind, insluitend masjiene, voorwerpe en toestelle. Emilia Nghikembua, Cran se hoof uitvoerende beampte, is aan die woord.