CR-17 – Cyril het nie fouteer nie

Daar is geen bewyse dat president Cyril Ramaphosa persoonlik voordeel getrek het uit skenkings aan die CR17-veldtog nie. Die Konstitusionele Hof het vandag uitgespraak gelewer in die saak of Ramaphosa die Parlement doelbewus mislei het oor die geld, of persoonlik voordeel daaruit getrek het. Regter Chris Jafta het bevind daar was geen geldwassery betrokke nie omdat die fondse slegs deur een rekening beweeg het. Ramaphosa en sy seun het niks met die rekening te doen gehad nie. Jafta het ook bevind dat Ramaphosa nie die parlement doelbewus mislei het nie.