Spele – sewesspan sit vas in Dubai

Samoa se sewesspan is in Dubai gestrand en sal tot die 27ste van die maand moet wag voordat hulle kan terugkeer huis toe nadat hulle nie vir die Tokio Spele gekwalifiseer het nie. Spelers en personeel van die mans- en vrouespanne is volgens berigte verbied om ‘n repatriasievlug te haal van Dubai na Nieu-Seeland omdat hulle nie Covid-19-vereistes nagekom het nie. Volgens Samoa se Olimpiese president, Patrick Fepuleai, was daar blykbaar ‘n probleem met die spelers se bloedtoetse.