Covid woeker by Wimbledon

‘n Tweede mansspeler het weens Covid-19 aan Wimbledon onttrek. Die agste gekeurde Matteo Berrettini van Italië het bekendgemaak hy is vanoggend positief getoets vir die virus, kort voor sy eersteronde-wedstryd teen Cristian Garin van Chili. Berrettini was verlede jaar ʼn finalis en het vanjaar reeds nege wedstryde op gras gewen voor die begin van die Grand Slam-toernooi. Marin Cilic van Kroasië moes ook gister onttrek. Die organiseerders het ʼn hersiening van die Covid-19-protokol aangekondig na die jongste onttrekkings.