Covid: tekorte aan beddens, suurstof

Daar is ‘n groot aanvraag na beddens en suurstof in alle Namibiese staatshospitale. Met meer Covid-gevalle wat voorkom word al hoe meer mense gehospitaliseer. Dit het daartoe gelei dat bykomende spasie in die Katutura Staatshospitaal geskep is, militêre hospitale beskikbaar gemaak en meer suurstof bekom is. Die uitvoerende direkteur van die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe praat met Kosmos 94.1 Nuus.