Covid-sterftes in Afrika neem met 40% toe in 30 dae

Net minder as 4,1 miljoen mense is wêreldwyd dood aan Covid-19, sedert die eerste geval in Desember 2019 bevestig is. Die VSA het die hoogste dodetal met net minder as 610 000. Brasilië is tweede geplaas met net meer as 542 000 en Indië is derde met 414 000. Die Wêreldgesondheidsorganisasie beraam dat die getalle ten minste drie keer hoër is wanneer sterftes wat indirek as gevolg van Covid voorgekom het, bygereken word. Die Afrika-vasteland se sterftesyfer het in die afgelope maand met 40 persent toegeneem.