16 vas in wildmisdaad in Maart

Daar is in Maart vanjaar 16 wildmisdadigers in vier lande op die vasteland vasgetrek. Die maandelikse verslag van Eagle Network, ’n organisasie wat hom beywer vir wildwetstoepassing in Afrika, meld ook talle diere- en karkasbeslagleggings aan. Die netwerk sê die 16 verdagtes is Kameroen, Gaboen, Kongo en Togo in hegtenis geneem.  Die mees noemenswaardige arrestasies was in Kameroen. In die suidelike deel van die land is ses vermeende handelaars met vyf olifanttande en sowat 10 kilogram gerookte sjimpansee-vleis in hegtenis geneem, terwyl ‘n hoofman in hegtenis geneem is vir die besit van twee baba-sjimpansees. Hy het hulle in ysterhokke aangehou en sou hulle verkoop.