Covid: so lyk die stand van sake

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 234 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek 145, Rehoboth 14, Grootfontein 10, Swakopmund 9 en Otjiwarongo 8. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 2 957 aktiewe gevalle, 49 213 het reeds herstel uit ‘n kumulatiewe totaal van 52 946. Die sterfgevalle staan op die oomblik op 765.