Covid: positiewe koers op 6,5%

Die Namibiese gesondheidsministerie het 87 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Windhoek het 15, Eenhana 12, Outapi 7, Onandjokwe 6, Omuthiya 5 en die res is landwyd. Daar is nog 1 470 aktiewe gevalle, 121 373 wat reeds herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 126 290. Daar is 25 leerders, vyf onderwysers, een student en drie gesondheidswerkers onder die 87 nuwe gevalle. Die herstelkoers is 96 persent en die positiewe koers is 6,5 persent.