Covid: ons het geleenthede gemis

Die voormalige gesondheidsminister dr. Bernard Haufiku het aan plaaslike media gesê dat Namibië die geleentheid gehad het om voor te berei vir ‘n doeltreffende reaksie op Covid-19 maar het dit nie benut nie. Hy sê dat daar vir meer as 72 dae net drie gevalle aangeteken was. Die tyd moes in sy mening benut gewees het om al 14 streke voor te berei maar dit is nie gedoen nie. Hy sê in tipiese Namibiese gedrag het ons eerder met mekaar oor politiek baklei en goeie raad geïgnoreer. Hy het die voorbeeld van Walvisbaai, wat eerste ‘n isolasie-eenheid sou kry maar owerhede het dit van die hand gewys omdat dit nie uit Swapo-geledere gekom het nie, aangehaal.