Covid: Namibië stap sterk aan na 50 000

Daar is 52 nuwe Covid-gevalle uit 639 toetse. Volgens die Namibiese Ministerie van Gesondheid het Khomas 36, wat almal in Windhoek is, Karas het 8, Omaheke 4, Otjozondjupa 2 en Hardap en Erongo 1 elk. Sewe leerders en 1 gesondheidswerker is in die groep. ‘n Totaal van 147 pasiënte het herstel en aktiewe gevalle is op 1 876. Vier sterfgevalle is bevestig. Namibië stap vinnig aan na ‘n kumulatiewe totaal van 50 000 gevalle. Op die oomblik staan die syfer op 49 203.