Covid is nog nie verby nie, vertoon steeds onvoorspelbaar

Op die oomblik is daar 33 aktiewe gevalle van Covid in Namibië maar, daar is geen ernstige infeksies aangemeld nie. Mediese kenners meen immuniteit met blootstelling sedert 2020 het versterk. Covid is volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie nog nie iets van die verlede nie. Epidemioloog Maria van Kerkhove sê die virus het nog nie gestabiliseer nie en toon geen voorspelbare patrone nie. Die variant wat op die oomblik kommer wek, Omikron XBB1.16 is nie net meer aansteeklik nie, maar toon ook ‘n hoër vlak van gevaar.