Vakbond ruk op teen Massmart se afdankings

Die voedselbedryfvakbond, Saccawu, sê hy gaan sy staking verskerp teen Makro wat deur die kleinhandelreus Massmart besit word. Die vakbond gaan in sy sekondêre staak-aksie ‘n plakkaatbetoging by die Uniegebou hou en dan opruk na die Amerikaanse ambassade in Pretoria. Massmart het sowat 600 werkers afgedank en nog 200 geskors nadat hulle aan nywerheidsaksie deelgeneem het. Mike Tau van die vakbond sê Makro se bestuur het werkers geskors met die uitsluitlike doel om hulle af te dank: