Covid-inentingskliniek vanaf môre by Wernhil

Wernhil-inkoopsentrum in die hoofstad takel ook nou saam met die Namibiese gesondheidsministerie die stryd teen die Covid-pandemie. Namibiërs kan nou hul Covid-inentings kry wanneer hulle gaan inkopies doen by Wernhil. Die inentingkliniek is oorkant Pick n Pay geleë en is vanaf môre tot 25 September vanaf nege-uur soggens tot vyf uur smiddae oop. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit sal help om die teiken van 1,5 miljoen Namibiërs teen Maart 2022 in te ent, help bereik.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *