Covid in Indië: Afrika moet waarneem

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die verwoestende styging in korona-virusgevalle en sterftes in Indië asook toenames in ander wêrelddele, is duidelike tekens van die risiko dat dit ook in Afrika-lande kan toeneem. Meer as 45 miljoen gevalle is reeds op die vasteland aangemeld en 120 000 mense het aan die virus gesterf. Matshidiso Moeti van die WGO sê dit is kommerwekkend dat die nakoming van voorkomende maatreëls afgeneem het.