Covid het wesenlike impak op geesteswelstand van jeug

Meer as 55 persent van jongmense is die meeste bekommerd oor die gevolge wat Covid-19 op vlakke van geweld en armoede gaan hê. Dit is die gevolgtrekking van ‘n nuwe opname van die Unicef South Africa U-Report. Meer as 6 000 mense is in die opname ondervra, waarvan meer as 75 persent jongmense tussen 15 en 24 jaar. Mayke Huijbregts van Unicef Suid-Afrika sê siektes, dood in die gesin en die onderbreking van hul studies het die grootste uitwerking op die geesteswelstand van jongmense: