Covid-gevalle styg, maar daar’s geen rede tot kommer nie

Die jongste Covid-syfers wek kommer. Die nuutste verslag, vir die week van 22 tot 28 Mei, dui aan dat die positiewe koers op 38 persent staan met 132 nuwe gevalle. Hospitalisering staan nou op 15 teenoor drie wat in die vorige week aangemeld is. Kenners meen die toename in syfers is geen verrassing nie en so ook die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, wat meen Covid is so by so hier om te bly.