Covid-gevalle neem toe in SA

Suid-Afrika se Covid-gevalle styg skerp. ‘n Totaal van 1 275 nuwe Covid-19-gevalle is die afgelope 24 uur aangemeld. Die meerderheid van die nuwe gevalle vandag was in Gauteng met 80 persent, gevolg deur die Wes-Kaap met 5 persent, en KwaZulu-Natal en Noordwes wat elk 3 persent geregistreer het. Daar was ‘n toename van 53 hospitaaltoelatings die afgelope 24 uur. Nóg 22 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld wat die dodetal tot nou op 89 657 te staan bring. Die land se herstelkoers is steeds meer as 96 persent.