Covid-gevalle neem steeds af

Die Namibiese gesondheidsministerie het 103 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig, ‘n positiewe koers van 7,3 persent. Dit sluit 41 leerlinge, ses onderwysers, een student en drie gesondheidswerkers in. Eenhana en Tsandi het elk 17 nuwe gevalle, Katima Mulilo, Opuwo en Mariental elk nege nuwe gevalle, Okongo agt, Engela, Outapi en Oshakati het vyf elk en die res kom landwyd voor. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 249 waarvan 99 in die hospitaal en 19 in intensiewe sorg. Net meer as 242 900 mense het een dosis entstof ontvang, terwyl 154 816 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 96 persent.