Covid-gevalle daal steeds

Daar is steeds ‘n merkbare afname in die aantal nuwe Covid-19 gevalle in die land. Die Namibiese gesondheidsministerie het slegs 48 nuwe gevalle landwyd bevestig. Mariental en Tsandi het elk 12, Engela en Oshakati vier elk, en Okongo en Andara drie elk. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 1 160 aktiewe gevalle, met 123 116 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal 127 804. Die totale aantal sterftes is tans 3 516. Die huidige maatreëls verval volgende week op 15 Oktober.